Een blog over grappen, grollen en serieuze zaken. Gestopte presentatrice's en het nieuws wat raakt wordt hier besproken. Natuurlijk de funny afkortingen niet vergeten. Natuurlijk ook een beschrijving van mijn bouw van Admiral Nelson HMS Victory.
donderdag 1 november 2012
Geraamtes
Ek dink ek ken jou,
in jou aankoms in die verte.
Ek dink ek ken jou,
in jou wulpse heupwegstap.
Ek dink ek ken jou,
aan die jasmynreuk om jou.
Ek dink ek ken jou,
aan jou speelse skaterlag.
Ek dink ek ken jou,
aan die klank van jou stap.
Ek dink ek ken jou,
aan jou klere, altyd vars.
Ek dink ek ken jou,
aan jou manier van vat.
Ek dink ek ken jou,
in die erotika van jou stem.
Ek dink ek ken jou,
as ons soen, so in die geheim.
Wat ek egter nie ken, is jou
geraamtes, agter elk glasie brandewyn.
Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse taal)
Geen opmerkingen:
Een reactie posten