Jy maak toe weer so.
Nog ’n kindergraf in Alberton.
Ek sien hoe kinders jou snuif
van Kaapstad tot Meyerton.
Ek sien hoe jy, doodsengel,
bloed aan kosyne vryf,
geen stand ontsien, kinders
selfmoord, aan ’n tou verstrengel.
Jy, magtige dwelm, onder
dwelms, maak dit so
bitter moeilik om uit te wys,
te snuffel, al die skelms.
’n “ Hero ” sal jy vir ewig bly ; oor jou
verwoestende krag, kan niemand stry.
Schrijver: Floris Abraham Brown
Geen opmerkingen:
Een reactie posten