zaterdag 29 december 2012

onze Jan


Sy dood het met die rooi
in sy sakdoek gekom.

Eers spikkeltjies bloed
tot groter kolle sy
familie en dokters roep.

Ek, wasbediende, was lank
van sy tuberkulose bewus,
maar omdat hul mense was
vanuit die hoogere hoed,
moes ek my hulp in stilte blus.

Díe siekte neem meer lewens as vigs.
Vroeë behandeling kán dit uitwis...
as ons almal die skaamwees wegstoot,
sal genesing groei soos ‘n wingerdloot.

Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse taal)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten