zondag 21 oktober 2012

KLANK VAN DIE BYL

Die byl het gekom om te kloof.
Dit wat ek in twee wil hê
met geweld oop te maak.

Die passie van krag wat
deur beide arms vloei,
die glans van sweet
op my kaal bo-lyf,

die klank van die byl
roep jou,
lok jou.

Ek sien hoe jou oë dwaal,
jy, skelm loer,
skelm glimlag,

in die glans van die ruit.

Ek sien hoe ek, nou, jou baas,
die byl, die plaas by jou neem,
wyl ons liefde maak,

op 'n growwe vloer.

Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse taal)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten