zaterdag 10 november 2012

Die Dooie Huis


Ons is doodmoeg vir mekaar.
Twintig jaar bymekaar,
eintlik, weg van mekaar.

Ons beweeg maar so in die huis,
so om en om, verby mekaar.

‘n Valse glimlag,
‘n valse soen,
‘n valse drukkie,
‘n valse doen.

Die meubels sê : “ Eina ! dis seer ! ”

Die kinders vind dit swaar, om die
gespanne atmosfeer te absorbeer.

Ons eet maar aan klein stukkies vleis,
dis Kaapstad - Kairo, in die kombuis.

Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse taal)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten