vrijdag 30 november 2012

Kleine hartedief


Jy het soos 'n dief gekom
versigtig, eers loer, skelm-skelm
suutjies het jy jou voetjies
oor my drumpel gestoot
en jou handjies, sagte handjies
vlekkies op my deur en muur gelaat

jou ogies het jy in my spieël gelos
en jou ore agter elk kas se deur
die rondings van jou lippe lê
op sloop, soos perskes wat droog
en in my loop op die mat in die gang
hoor ek jou neus snuif-snuif gaan
in die stilte van my kamers en kombuis
weet ek, jou rosegeur, wil nie verhuis.

Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse taal)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten