vrijdag 30 november 2012

Musiek


Musiek is vir my
die rein en skoon in die
seskant heuningsel.
Die rein en skoon in die
kleur van ons vel.

Musiek is vir my
die kristalhelder in die
doudruppel wat daar hang.

Musiek is vir my
die kristalhelder in die
Engele, hemelhoog, se sang.

Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse taal)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten