donderdag 8 november 2012

Vandag


wil ek net, my doodgewoon, ek wees
weg van skewebeelde van hoe mense
met dieper geheime, na my kyk

wil ek in myself wandel sonder vrees
weg van die gejaag na roem, rykdom
skulpies optel, na wulpse branders gryp

wil ek in myself, van myself lees
weg van mense wat veg oor grond
liefde, mekaar om elk eerste plek, fnuik

wil ek wees op plekke waar my voete
die klam-nat van seesandkorrels voel
waar ek kan lees uit hoogheilige boeke

waar ek kan loop met ’n hart vol wense
vér weg, van op-die-grond-kots-mense

Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse taal)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten