donderdag 1 november 2012

Jempot


Dankie, dat jy gekom het,
deur reën, wind, sonder skoen.

Dankie dat jy sonder moeite,
so baie vir my doen.

Dankie dat jy nou hier is,
my ruimte egter nie binnedring.

Dankie dat jy so verstandig is,
gister tot nou, het ek jou só gemis.

Skielik, handomkeer jy.
In ‘n stilgraf word ek weggelê.

Skielik is dit nie meer lekker,
om my rondom jou te hê,

as jy kil, saggies vir my sê :
“ Dit was valsjare, in konfyt weggelê ...”

Schrijver: Floris Abraham Brown

Geen opmerkingen:

Een reactie posten