donderdag 1 november 2012

Spoelbloed


Spoelgoud. Spoelgrond. Spoelbloed,
vloei deur taxi’s, Richmond, bus,
trein, boot, vliegongelukke.

Spoelbloed hardloop deur die
knopkierie, assegaai, rewolwer,
slagtersmesse, ysterstukke.

Spoelbloed hardloop die heelal deur,
waar liggame in massagrafte stink,
toegegooi word met spoelgrond wat,
skuil agter die leuen van spoelgoud blink.

Schrijver: Floris Abraham Brown (Afrikaanse Taal)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten